Guterres het groot kommer oor Israel se Gaza-plan

Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê hy is bekommerd oor Israel se plan om grondoperasies in Gaza uit te brei. Israel se veiligheidskabinet het 'n plan goedgekeur om sy militêre optrede teen Hamas te verhewig, wat die inval van Gaza en die behoud van sy gebied insluit. Die kabinet het ook in beginsel 'n plan goedgekeur om deur privaat maatskappye reddingshulp te lewer. 'n VN-woordvoerder, Farhan Haq, sê dit sal onvermydelik tot die dood van talle burgerlikes lei:
6 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eindgebruikers moet sorg dat sekuriteitswagte reg behandel word

Die werksomstandighede waarin sekuriteitswagte verkeer is tans in die nuus in die land. Dit kom na Celeste Muhunduru, nasionale administrateur vir die Sekuriteitsvereniging van Namibië en die Namibiese Veiligheidsarbeidsforum die kwessies in die media opgehaal het. Kosmos 94.1 Nuus het met Mhunduru gesels.
20 Jun 11AM 1 min

Cosatu looi BLSA-hoof oor kritiek op Transnet-salarisooreenkoms

Cosatu sê hy verwerp met uiterste veragting die aanval van die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busisiwe Mavuso, op Transnet se werknemers. Mavuso het Transnet se besluit gekritiseer om 'n verhoging van ses-persent aan werkers toe te staan vir die volgende drie jaar en sê die ooreenkoms neem…
20 Jun 11AM 1 min

Wees meer bedagsaam op paaie, bestuurders en voetgangers!

Meer inligting is bekend oor die toenemende voetgangerverwante ongelukke wat die MVA-fonds aangemeld het. Van 1 Januarie tot 4 Junie 2025, het ongelukke met 15 persent gestyg, beserings met 14 persent en sterftes met 45 persent. Die hoof korporatiewe beampte by die fonds, John Haufiku, het meer.
20 Jun 10AM 1 min

NMF se Jacobs vertel oor Kyalami se opgraderings

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Motorsport-federasie Derek Jacobs het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die nuus dat die FIA-beheerliggaam Kyalami se opgraderingsplanne goedgekeur het. Dit sal dit die enigste Graad 1-baan in Afrika maak en die weg baan dat Formule Een na Suid-Afrika terugkeer. Die opgradering sal nie die…
20 Jun 10AM 1 min