
Daar's genoeg slangbyt-teengif, maar lig loop vir skerpioene
Loading player...
Namibië het sowat 300 ampules slangbyt-teenmiddel in voorraad, te midde van 'n breër tekort aan teenmiddels regoor Afrika. Anders as in lande soos Kenia, bly die plaaslike voorraad stabiel danksy 'n vennootskap vanaf 2021 met Indië se Premium Serums. Die land het egter nog nie 'n voorraad van effektiewe teenmiddels vir skerpioensteke nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bekende plaaslike slangkenner Francois Theart, wat uitbrei.