Handel met Statebondlede? Makliker gesê as gedaan...

Loading player...
Die Statebond Besigheidsforum het Woensda in die hoofstad afgeskop en duur tot vandag. Handelsminister Selma Ashipala-Musavyi het by die opening die hoop uitgespreek dat handel met die Statebond-lande sal lei tot ekonomiese groei, wat werkloosheid sal verminder. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME Compete gepraat.
20 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Uitdagings met tersiêre opleiding haal die NV

Parlementslede het in die Nasionale Vergadering kommer uitgespreek oor ongeakkrediteerde instellings, diskriminasie op grond van Nsfaf-befondsing en onnodige verpleegevalueringstoetse. Die PDM-parlementslid Inna Hengari het beklemtoon dat baie jongmense groot bedrae belê in instellings wat nie erkende kwalifikasies aanbied nie.
20 Jun 6AM 1 min

Unam en NIP werk saam vir mediese opleiding

Die Namibiese Instituut vir Patologie en Unam het 'n memorandum van verstandhouding onderteken wat daarop gemik is om mediese opleiding, gespesialiseerde opleiding en navorsing in patologie te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Unam gepraat wat meer inligting oor die ooreenkoms het.
20 Jun 6AM 1 min

Zinave in Mosambiek ontvang 10 swartrenosters

Tien ernstig bedreigde swartrenosters is vandeesweek suksesvol uit Suid-Afrika in Mosambiek se Zinave Nasionale Park hervestig. Die renosters, vyf bulle en vyf koeie, is geskenk deur Ezemvelo KZN Wildlife, in samewerking met Mosambiek se Nasionale Administrasie vir Bewaringsgebiede en die Peace Parks Foundation. Antony Alexander van die stigting sê die…
20 Jun 6AM 1 min

Besettingsyfers daal weer in Mei

Die nuutste besettingskoers statistieke vir Mei is bekend. ‘n Daling is aangemeld teenoor April maar is ook laer as die 2019, of voor-Covid-syfers. Baie faktore speel 'n rol in die statistieke, onder andere, ekonomiese druk op huishoudings in Europa. Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, het met…
20 Jun 6AM 1 min

Koolstofkrediete kan 'n wen-wen vir boere wees

Nog reaksie word ontvang op Suid-Afrikaanse boere wat goeie geld verdien deur handel in koolstofkrediete en klimaatsvriendelike praktyke. AgriCarbon is 'n program wat volhoubare boerdery beloon en het reeds sowat 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan boere uitbetaal wat vrystellings verlaag deur metodes soos min- of deklaagbewerking. Die inisiatief sal mettertyd…
20 Jun 6AM 1 min