
Uitdagings met tersiêre opleiding haal die NV
Loading player...
Parlementslede het in die Nasionale Vergadering kommer uitgespreek oor ongeakkrediteerde instellings, diskriminasie op grond van Nsfaf-befondsing en onnodige verpleegevalueringstoetse. Die PDM-parlementslid Inna Hengari het beklemtoon dat baie jongmense groot bedrae belê in instellings wat nie erkende kwalifikasies aanbied nie.