
Daar's nie korrupsie in verdedigingministerie, sê Mubita
Loading player...
Die AR-beweging se leier, Job Amupanda, het onlangs in die Nasionale Vergadering kennis gegee van vrae wat hy aan verdedigingsminister Frans Kapofi sou stel. Dit gaan oor aanhoudende bewerings van korrupsie in die verdedigingsministerie, veral by die omstrede August 26 Holding Company. Adjunk-verdedigingminister Charles Mubita het die vrae geantwoord en gee 'n oorsig van August 26 se projekte.