Besettingsyfers daal weer in Mei

Loading player...
Die nuutste besettingskoers statistieke vir Mei is bekend. ‘n Daling is aangemeld teenoor April maar is ook laer as die 2019, of voor-Covid-syfers. Baie faktore speel 'n rol in die statistieke, onder andere, ekonomiese druk op huishoudings in Europa. Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
20 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wees meer bedagsaam op paaie, bestuurders en voetgangers!

Meer inligting is bekend oor die toenemende voetgangerverwante ongelukke wat die MVA-fonds aangemeld het. Van 1 Januarie tot 4 Junie 2025, het ongelukke met 15 persent gestyg, beserings met 14 persent en sterftes met 45 persent. Die hoof korporatiewe beampte by die fonds, John Haufiku, het meer.
20 Jun 10AM 1 min

NMF se Jacobs vertel oor Kyalami se opgraderings

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Motorsport-federasie Derek Jacobs het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die nuus dat die FIA-beheerliggaam Kyalami se opgraderingsplanne goedgekeur het. Dit sal dit die enigste Graad 1-baan in Afrika maak en die weg baan dat Formule Een na Suid-Afrika terugkeer. Die opgradering sal nie die…
20 Jun 10AM 1 min

Huishoudelike inkomste-opname vorder goed

Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes het op 28 April afgeskop. Dit sal Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal, en sluit in armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Iipumbu Sakaria, die agentskap se woordvoerder, wat 'n opdatering gee.
20 Jun 10AM 1 min

Daar's nie korrupsie in verdedigingministerie, sê Mubita

Die AR-beweging se leier, Job Amupanda, het onlangs in die Nasionale Vergadering kennis gegee van vrae wat hy aan verdedigingsminister Frans Kapofi sou stel. Dit gaan oor aanhoudende bewerings van korrupsie in die verdedigingsministerie, veral by die omstrede August 26 Holding Company. Adjunk-verdedigingminister Charles Mubita het die vrae geantwoord en…
20 Jun 10AM 1 min