
Zinave in Mosambiek ontvang 10 swartrenosters
Loading player...
Tien ernstig bedreigde swartrenosters is vandeesweek suksesvol uit Suid-Afrika in Mosambiek se Zinave Nasionale Park hervestig. Die renosters, vyf bulle en vyf koeie, is geskenk deur Ezemvelo KZN Wildlife, in samewerking met Mosambiek se Nasionale Administrasie vir Bewaringsgebiede en die Peace Parks Foundation. Antony Alexander van die stigting sê die hervestiging is om die eerste swartrenoster-bevolking te vestig sedert renosters in Zinave vyf dekades gelede uitgesterf het: