
Etzebeth topfiks, kan nie wag om weer te speel
Loading player...
Rugby: Die Springbok-slot Eben Etzebeth sê hy is topfiks en gretig om te speel. Die 33-jarige speler het drie maande van die Verenigde Rugbykampioenskap misgeloop weens harsingskudding wat hy in Desember opgedoen het, en ʼn dyspier wat hy tydens ʼn Springbok-belyningskamp in Maart verrek het. ʼn Besering het hom ook op die kantlyn gehou in die Haaie se VRK-halfeindstryd teen die Bulle. Etzebeth sê ondanks die beserings sien hy daarna uit om weer die Boktrui aan te trek: