Biomassa-aanleg gaan kraglewering hupstoot gee, hoor NV

Loading player...
Adjunk eerste minister en myne en energie-minister, Natangwe Ithete, het in sy begrotingsverklaring in die parlement 'n opsomming van die ministerie se werksaamhede gegee. Hy het die rol van hernubare energie uitgesonder en verwys na die biomassa-aanleg by Tsumeb, en hoe dit die elektrisiteitsnetwerk sal ondersteun.
7 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oorgang van PnP na Model vorder

Die Ohlthaver & List Groep sal op 1 Julie sy eie landwye kleinhandelwinkels onder die Model-handelsmerk bekendstel. Sven Thieme, die groep se voorsitter, het aangekondig dat dit sal gebeur na die groep, wat voorheen winkels onder die Model Supermarket-handelsmerk bedryf het, die Pick N Pay-franchise-ooreenkoms verlaat het. Sven Thieme, die…
8 May 4AM 1 min

EFF sê Brittanje weier visum aan Malema

Die EFF het die Britse Hoë Kommissaris se versuim om sy leier Julius Malema se visumaansoek vir die Verenigde Koninkryk te verwerk, veroordeel. Malema sou hierdie naweek studente by die 11de Jaarlikse Cambridge Africa Together-konferensie by die Universiteit van Cambridge toespreek. Hy het onthul dat hy die weieringsbrief net vier…
8 May 4AM 1 min

Ithete verduidelik regering se stilte oor Namdia-roof

Kort op die hakke van drie verdagtes wat in Keetmanshoop gearresteer en in die hof verskyn het in verband met die Namdia-rooftog, kom die nuus dat nog 'n verdagte aangekeer sal word. NamPol adjunk-hoofinspekteur-generaal Elias Mutota het aan die nasionale uitsaaier gesê die verdagte is 'n Namdia-sekuriteitsbeampte, en 'n familielid…
8 May 3AM 1 min

Vennootskappe van Wes-Kaapse landbou verwelkom

Die DA het die hernuwing van belangrike Memorandums van Verstandhouding tussen die Wes-Kaapse Departement van Landbou en groot kommoditeitsorganisasies verwelkom. Hierdie vennootskappe is gemik op die ondersteuning van boereontwikkeling deur mentorskap, opleiding en toegang tot markte, wat begunstigdes van grondhervorming bevoordeel. Woordvoerder van die DA, Noko Masipa, sê die samewerking…
8 May 3AM 1 min

Biden spoel sy mond uit oor Trump

Oudpresident Joe Biden het sy eerste onderhoud sedert hy die Withuis verlaat het aan die BBC toegestaan. Hy het gepraat oor sy nalatenskap, buitelandse beleid en sy siening van president Donald Trump se eerste 100 dae.
8 May 3AM 1 min