Maak so om ekonomiese druk, skuld te hanteer

Loading player...
Privaatsektor kredietverlening het gestyg tot 5 persent in Maart, op van 3,9 persent in Februarie. Ontleders meen die styging is aangedryf deur groei in korporatiewe lenings terwyl huishoudelike skuld ook effe gestyg het en sê dit wil voorkom asof aptyt vir krediet stadig herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda, beleggingsontleder by die Sisedi Beleggingsgroep gesels. Hy gee huishoudings raad oor hoe om die druk te hanteer.
7 May 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

EU sal nie weer sake met Rusland doen nie, ook nie na oorlog nie

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê dit is nie 'n moontlikheid om na die oorlog in Oekraïne weer Russiese fossielbrandstof aan te koop nie. Dit kom te midde van die Amerikaanse president, Donald Trump, se pogings om 'n vredesooreenkoms te bewerkstellig. Die Europese Unie was…
8 May 5AM 1 min

Oorgang van PnP na Model vorder

Die Ohlthaver & List Groep sal op 1 Julie sy eie landwye kleinhandelwinkels onder die Model-handelsmerk bekendstel. Sven Thieme, die groep se voorsitter, het aangekondig dat dit sal gebeur na die groep, wat voorheen winkels onder die Model Supermarket-handelsmerk bedryf het, die Pick N Pay-franchise-ooreenkoms verlaat het. Sven Thieme, die…
8 May 4AM 1 min

EFF sê Brittanje weier visum aan Malema

Die EFF het die Britse Hoë Kommissaris se versuim om sy leier Julius Malema se visumaansoek vir die Verenigde Koninkryk te verwerk, veroordeel. Malema sou hierdie naweek studente by die 11de Jaarlikse Cambridge Africa Together-konferensie by die Universiteit van Cambridge toespreek. Hy het onthul dat hy die weieringsbrief net vier…
8 May 4AM 1 min

Ithete verduidelik regering se stilte oor Namdia-roof

Kort op die hakke van drie verdagtes wat in Keetmanshoop gearresteer en in die hof verskyn het in verband met die Namdia-rooftog, kom die nuus dat nog 'n verdagte aangekeer sal word. NamPol adjunk-hoofinspekteur-generaal Elias Mutota het aan die nasionale uitsaaier gesê die verdagte is 'n Namdia-sekuriteitsbeampte, en 'n familielid…
8 May 3AM 1 min