Ithete verduidelik regering se stilte oor Namdia-roof

Loading player...
Kort op die hakke van drie verdagtes wat in Keetmanshoop gearresteer en in die hof verskyn het in verband met die Namdia-rooftog, kom die nuus dat nog 'n verdagte aangekeer sal word. NamPol adjunk-hoofinspekteur-generaal Elias Mutota het aan die nasionale uitsaaier gesê die verdagte is 'n Namdia-sekuriteitsbeampte, en 'n familielid van twee van die verdagtes wat in die hof verskyn het. PDM-president McHenry Venaani het in die Nasionale Vergadering adjunk-eerste minister Natangwe Ithete gevra waarom die regering stil is oor die saak. Natangwe het so geantwoord.
8 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oos-Kaapse oorstromings was katastrofies

Die Oos-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Xolani Williams, het die onlangse vloede as katastrofies en ondenkbaar beskryf. Twee-en-neëntig sterftes is tot dusver bevestig, terwyl duisende mense dakloos gelaat is. Daar word verwag dat getalle sal styg terwyl soek- en reddingspogings voortduur. Williams het op 'n gedenkdiens in…
19 Jun 11PM 1 min

Trump gee twee weke oor Iran-besluit

Amerikaanse president Donald Trump het 'n sperdatum van twee weke gestel om te besluit of die VSA by Israel se oorlog met Iran sal aansluit, wat tyd toelaat om 'n onderhandelde einde aan die konflik te kry. Die besluit om 'n venster vir diplomasie oop te laat, kom na Israel…
19 Jun 11PM 1 min

Repokoers in lyn met alle tendense, sê ontleder

Nog reaksie word ontvang op die repokoers wat Woensdag onveranderd op 6,75 persent gelaat is. Beleggingsontleder Arney Tjaronda sê die besluit is in lyn met al die huidige neigings en tendense wat tans plaaslik, in die streek en internasionaal voorkom. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
19 Jun 11AM 1 min