
EU sal nie weer sake met Rusland doen nie, ook nie na oorlog nie
Loading player...
Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê dit is nie 'n moontlikheid om na die oorlog in Oekraïne weer Russiese fossielbrandstof aan te koop nie. Dit kom te midde van die Amerikaanse president, Donald Trump, se pogings om 'n vredesooreenkoms te bewerkstellig. Die Europese Unie was dekades lank Rusland se grootste kliënt, maar die verhouding het vroeg in 2022 skipbreuk gely na Moskou se inval in Oekraïne. Von der Leyen sê om weer sake met Rusland te doen, sou 'n fout van geskiedkundige afmetings wees: