Maersk se nakomingsreëls bemoeilik houtskool-uitvoere

Loading player...
Nuwe maatreëls van die verskepingsmaatskappy Maersk maak dit baie moeilik om tans enige houtskool deur dié maatskappy uit te voer. Fabriek-oudits, bykomende verwerking van die produk, vakuumverseëling met termo-komberse en 'n reeks verpligte sertifikate word nou vereis. Maersk is verantwoordelik vir die verskeping van meer as die helfte van die land se houtskool uitvoere. Kosmos 94.1 Nuus het met die Houtskool-vereniging van Namibië se bestuurder Michael Degé gepraat, wat sê uitvoere het gedaal.
8 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oos-Kaapse oorstromings was katastrofies

Die Oos-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Xolani Williams, het die onlangse vloede as katastrofies en ondenkbaar beskryf. Twee-en-neëntig sterftes is tot dusver bevestig, terwyl duisende mense dakloos gelaat is. Daar word verwag dat getalle sal styg terwyl soek- en reddingspogings voortduur. Williams het op 'n gedenkdiens in…
19 Jun 11PM 1 min

Trump gee twee weke oor Iran-besluit

Amerikaanse president Donald Trump het 'n sperdatum van twee weke gestel om te besluit of die VSA by Israel se oorlog met Iran sal aansluit, wat tyd toelaat om 'n onderhandelde einde aan die konflik te kry. Die besluit om 'n venster vir diplomasie oop te laat, kom na Israel…
19 Jun 11PM 1 min

Repokoers in lyn met alle tendense, sê ontleder

Nog reaksie word ontvang op die repokoers wat Woensdag onveranderd op 6,75 persent gelaat is. Beleggingsontleder Arney Tjaronda sê die besluit is in lyn met al die huidige neigings en tendense wat tans plaaslik, in die streek en internasionaal voorkom. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
19 Jun 11AM 1 min