Groot hupstoot vir Windhoek-verklaring

Loading player...
Die Namibië Media Trust se Media-stigting het die inskrywing van die 1991 Windhoek-verklaring oor die Bevordering van 'n Onafhanklike en Pluralistiese Afrika-pers in Unesco se Memory of the World-register geloof. Gwen Lister, wat die voorsitter van die oorspronklike konferensie wat die verklaring tot stand gebring het in Brussel besin oor die blywende invloed daarvan ten spyte van voortdurende regeringsweerstand. Kosmos 94.1 Nuus het met Zoe Titus, die direkteur van die Namibië Media Trust, gepraat.
8 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oos-Kaapse oorstromings was katastrofies

Die Oos-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Xolani Williams, het die onlangse vloede as katastrofies en ondenkbaar beskryf. Twee-en-neëntig sterftes is tot dusver bevestig, terwyl duisende mense dakloos gelaat is. Daar word verwag dat getalle sal styg terwyl soek- en reddingspogings voortduur. Williams het op 'n gedenkdiens in…
19 Jun 11PM 1 min

Trump gee twee weke oor Iran-besluit

Amerikaanse president Donald Trump het 'n sperdatum van twee weke gestel om te besluit of die VSA by Israel se oorlog met Iran sal aansluit, wat tyd toelaat om 'n onderhandelde einde aan die konflik te kry. Die besluit om 'n venster vir diplomasie oop te laat, kom na Israel…
19 Jun 11PM 1 min

Repokoers in lyn met alle tendense, sê ontleder

Nog reaksie word ontvang op die repokoers wat Woensdag onveranderd op 6,75 persent gelaat is. Beleggingsontleder Arney Tjaronda sê die besluit is in lyn met al die huidige neigings en tendense wat tans plaaslik, in die streek en internasionaal voorkom. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
19 Jun 11AM 1 min