
Beleidmakers 'het voorstelle nodig oor belegginglandskap'
Loading player...
Reaksie word ontvang op die Swapo-manifes se implementeringsplan, soos ontleed deur die ekonoom Robin Sherbourne. Volgens sy bevindings is daar tans geen groei in of spasie vir private en internasionale belegging in die land nie. Die programme onder een van die prioriteitsvelde, jeugbemagtiging, noem niks oor beleggings en die Namibiese Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad nie, wat volgens Sherbourne kommerwekkend is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Danny Meyer van SMEs Compete, wat sê die kwessie het 'n ander benadering nodig.