
Afrikaans Amptelik 100-feesviering in Kaapstad geloods
Loading player...
Die Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het Afrikaans Amptelik 100 van stapel gestuur wat ’n jaarlange viering is van Afrikaans, wat 'n eeu gelede ’n amptelike taal geword het. Die seremonie het by die Kasteel in Kaapstad plaasgevind. Mackenzie sê die viering eer die taal se wortels in gemeenskappe wat deur slawerny en kolonialisme gevorm is. Hy beklemtoon dat die geleentheid stemme sal versterk wat vir lank onderdruk is: