Reuse musiekskatprojek bereik luisterryke hoogtepunt
Loading player...
Die eeufeesviering van Afrikaans as amptelike taal op 8 Mei 2025 het die perfekte geleentheid gebied om Sentraal Suid-Afrika se ore te bederf met die kreatiewe vrug van maande se harde werk.
Die Bloemfonteinse musikus Anton Esterhuyse en videograaf Zita Olinger het by OFM se Mid-Morning Magic program aangesluit om meer oor hul projek te vertel wat op die dag amptelik ten einde geloop het, en om ook Esterhuyse die geleentheid te bied om ’n keurspel van 100 Afrikaanse liedjies gespeel in tien minute regstreeks op die lug te deel.
Dié span het einde 2024 die reuse-uitdaging aangepak om 100 ikoniese Afrikaanse liedjies op klavier vas te lê in reeks treffende musiekvideo’s waarin Esterhuyse verskeie kunstenaars en sanggroepe begelei het.
Die liedjies kan hier gekyk word: https://youtube.com/playlist?list=PLQkv64peqOiOb_CNmNcUT6hxebLD8cBPS&si=jptLXF_rpSV3JMen