OFM Afrikaans vier 100 jaar as amptelike taal

Afrikaans vier 100 jaar as amptelike taal

Op 8 Mei 2025 vier Afrikaans 100 jaar as amptelike taal. Afrikaans is een van die wêreld se jongste tale en die taal wat die derde meeste in Suid-Afrika gepraat wrd. Hoewel dit reeds vir honderde jare bestaan, het die Grondwet van 1909 bepaal dat Nederlands en Engels die amptelike tale van die land sou wees, maar in 1925 is Afrikaans aan Nederlands gelykgestel en is dit, naas Engels, as amptelike taal erken.

Wees deel van die viering van Afrikaans op OFM. Skakel in vanaf 06:00 tot 18:00 wanneer ons ’n reis deur die geskiedenis van taal onderneem, gesprekke met kunstenaar en kenners deel, en jou die kans gee om te wen. Maak seker jy mis nie ’n oomblik nie – ons wil nie nou al die aap uit die mou laat nie, bly ingeskakel vir meer!
Occasionally Afrikaans South Africa Arts · News
17 Episodes

Snotkop

Die Joyride op OFM het ook met die gewilde kunstenaar Snotkop gesels as deel van Afrikaans se 100-jaar viering. In die gesprek het Snotkop openhartig vertel wat Afrikaans vir hom beteken en hoe dit die hartklop van sy musiek is. Hy het verduidelik dat die taal hom toelaat om op…
9 May 16 min

DJ Ready D

Die Joyride op OFM het onlangs met DJ Ready D gesels as deel van Afrikaans se 100-jaar viering. In die onderhoud het hy gedeel wat die taal vir hom beteken en hoe dit ’n rol gespeel het in sy loopbaan van dekades. DJ Ready D, bekend as een van Suid-Afrika…
9 May 17 min

Laurika Rauch

Die Joyride het die absolute voorreg gehad om te gesels met die moeder van Afrikaanse melodie. Luister hoe Laurika praat oor haar taal, haar musiek en ook die jare wat heen gegaan het en gelukkig ook die wat nog kom.
9 May 19 min

OFM se Nico regstreeks vanaf die Taalmonument

The Joyride se Nico van der Westhuizen het op 8 Mei 2025 die program vanaf die Taalmonument in Paarl aangebied ter viering van 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal. Die boetefles het ook 'n baas gekry. Luister wie het R5000 gewen!
8 May 19 min

Van Zim tot Afrikaans: Tino se musikale reis oor grense

Tino gesels met Pulane Nel Sekepe oor sy keuse om in Afrikaans te sing – al is hy nie van Suid-Afrika afkomstig nie. Hy vertel hoe die taal hom aangetrek het met sy ritme en rykdom, en hoe dit vir hom ’n nuwe manier geword het om mense deur musiek…
8 May 5 min

Dodo spog oor die taal van sy hart

Dodo gesels met Pulane Nel Sekepe oor wat Afrikaans vir hom beteken. Hy vertel hoe die taal hom nie net vorm as kunstenaar nie, maar ook help om diep emosies en kulturele verbintenis in sy musiek vas te vang.
8 May 5 min

Refentse vertel wat afrikaans vir hom beteken

Pulane Nel Sekepe gesels met Refentse in ’n eksklusiewe onderhoud om te hoor wat die Afrikaanse taal en kultuur vir hom beteken. Hulle praat oor sy musiekloopbaan, sy liefde vir Afrikaans, en hoe die taal ’n sentrale rol speel in sy identiteit en artistieke uitdrukking.
8 May 5 min

Reuse musiekskatprojek bereik luisterryke hoogtepunt

Die eeufeesviering van Afrikaans as amptelike taal op 8 Mei 2025 het die perfekte geleentheid gebied om Sentraal Suid-Afrika se ore te bederf met die kreatiewe vrug van maande se harde werk. Die Bloemfonteinse musikus Anton Esterhuyse en videograaf Zita Olinger het by OFM se Mid-Morning Magic program aangesluit om…
8 May 18 min

Spesiale Fokus: D.F. Malherbe-gedenklesing vier Afrikaans 100

Dr. Francios Smit, die departementshoof van Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, aan die Universiteit van die Vrystaat, en bekroonde skrywer in eie reg vertel meer oor die UV se D.F. Malherbe-gedenklesing aan Elzette Boucher-Krüger, OFM Inhoudsbestuurder.
8 May 2 min

Spesiale fokus: Afrikaanse sleutelfigure op eie bodem

Elzette Boucher-Krüger, OFM Inhoudsbestuurder, vind meer uit oor belangrike sleutelfigure in Afrikaans by dr. Francois Smit, die departementshoof van Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, aan die Universiteit van die Vrystaat, en bekroonde skrywer in eie reg.
8 May 4 min

Kurt Darren ons eie Afrikaanse kaptein

Kurt vier 100 jaar van Afrikaans met die Good Morning Breakfast span oppad na sy helikopter,vind ook uit wat Kurt se gunsteling Afrikaanse woord is.
8 May 3 min

Spesiale fokus: Mylpale in Afrikaans

Elzette Boucher-Krüger, OFM Inhoudsbestuurder, hoor meer oor mylpale in Afrikaans van dr. Francois Smith, departementshoof Afrikaans en Nederlands, Duits en Fraans aan die Universiteit van die Vrystaat.
8 May 5 min

Spesiale fokus: Meer oor variëteite van Afrikaans

Afrikaans vier 100 as amptelike taal op 8 Mei 2025. Elzette Boucher-Krüger, OFM Inhoudsbestuurder, vra dr. Francois Smith, die departementshoof van Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, aan die Universiteit van die Vrystaat, en bekroonde skrywer in eie reg, oor standardisering van die taal.
8 May 4 min

Spesiale fokus: Geskiedenis van Afrikaans

Elzette Boucher-Krüger, OFM Inhoudsbestuurder, pols dr. Francois Smith, die departementshoof van Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, aan die Universiteit van die Vrystaat, en bekroonde skrywer in eie reg, oor die herkoms van Afrikaans as ’n amptelike taal, wat hierdie jaar sy 100ste herdenking op 8 Mei vier.
7 May 8 min