BoN se leenstrategie bekend gestel

Loading player...
Die sentrale bank van Namibië het hulle leenstrategie vrygestel. Namibië se leningsvereistes staan op 29,8 miljard Namibiese dollar. Die begrotingstekorte sal volgens verwagtinge vergroot na 12,8 miljard dollar na 'n verwagte 9,8 miljard dollar in die 2024/25 begrotingsjaar. Volgens 'n Cirrus verslag sal plaaslike en internasionale skuld 'n las op die fiskus wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Pandu Shaduka gepraat wat 'n oorsig gee oor die regering se Eurobond.
9 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Repokoers in lyn met alle tendense, sê ontleder

Nog reaksie word ontvang op die repokoers wat Woensdag onveranderd op 6,75 persent gelaat is. Beleggingsontleder Arney Tjaronda sê die besluit is in lyn met al die huidige neigings en tendense wat tans plaaslik, in die streek en internasionaal voorkom. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
19 Jun 11AM 1 min

Kommer oor swart boere wat sukkel met toegang tot grond

Die African Farmers Association of South Africa in die Vrystaat is bekommerd oor swart boere se uitdagings om toegang tot grond te verkry. Die verklaring volg ná 'n grondgeskil in Hoopstad, waar 'n opkomende swart boer nie by staatsgrond wat deur die Departement van Water en Sanitasie bestuur word, ingesluit…
19 Jun 11AM 1 min

N/a'an ku sê loop breëbors oor Neuras se wyne

Die besturende direkteur van N/a'an ku sê, Rudie van Vuuren, sê hulle is uiters trots op die prestasie van hulle Neuras Wyn- en Wildlandgoed. In ‘n mylpaal vir Namibië het al die wyne wat ingeskryf was by die International Challenge Gilbert & Gaillard 2025, een van die wêreld se mees…
19 Jun 10AM 1 min

Toestemming nodig vir gronddamme, hoor NV

Die PDM-president McHenry Venaani het in die Nasionale Vergadering vrae aan eerste minister Elijah Ngurare gerig. Hy wou weet of daar 'n omgewingsimpak-studie gedoen is om te bepaal of gronddamme in die Cuvelai-gebiede wat vatbaar is vir vloede, gebou kan word. Landbouminister Inge Zaamwani het so geantwoord:
19 Jun 10AM 1 min