Efundja sak terug in Omusati, goewerneur sê oor jongste

Loading player...
Onlangse oorstromings in die Omusati-streek weens 'n hoë efundja het die daaglikse lewe grootliks ontwrig en toegang tot skole, klinieke, besighede en ander noodsaaklike dienste afgesny. Verskeie paaie was onbegaanbaar, wat noodreaksiepogings bemoeilik het. Kosmos 94.1 nuus het gepraat met die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala, wat 'n opdatering gee.
14 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bolt benoem as Guinness-ikoon

Die wêreld se vinnigste man, Usain Bolt, is amptelik benoem as ʼn Guinness-wêreldrekord-ikoon. Die voormalige Jamaikaanse naelloper is vereer vir sy prestasie in atletiek en omdat hy mense wêreldwyd inspireer. Sy 9,58-sekondes oor 100 meter is die vinnigste ter wêreld terwyl sy tyd van 9,63-sekondes op 2012 se Spele in…
18 Jun 6AM 1 min

Konskwente kommunikasie tussen regeringsentiteite kritiek

Tydens die Konferensie vir Regeringskommunikasiebeamptes in Rundu het die uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, Audrin Mathe, die behoefte aan gekoördineerde en konsekwente kommunikasie tussen alle regeringsentiteite beklemtoon. Hy het die lynministerie se rol in die leiding van inligtingsbestuur uitgelig en 'n beroep gedoen op sterker kommunikasiestrategieë, veral tydens krisisse. Doeltreffende,…
18 Jun 6AM 1 min

Iran ontwikkel nie kernwapens nie, nes VSA-intelligensie gesê het

Iran se ambassadeur in die Verenigde Koninkryk, Seyed Ali Mousavi, hou vol sy land het geen voorneme om ʼn kernwapen te bou nie. Amerikaanse intelligensie-assesserings het gevind Iran is nie aktief besig om ʼn kernwapen te bou nie. Dit is in sterk teenstelling met Israel se mening dat Iran binnekort…
18 Jun 6AM 1 min

Namibië bevestig eerste geval van hondsdolheid in rob

Namibië het sy eerste geval van hondsdolheid in 'n Kaapse pelsrob bevestig, luidens 'n verklaring van die landbouministerie. Die besmette rob is op 13 Junie by die Walvisbaai strandmeer gesien met simptome wat ooreenstem met hondsdolheid. Dit is kort daarna dood, en 'n monster wat van die karkas geneem is…
18 Jun 6AM 1 min