Dis Putin of niks - Zelensky

Loading player...
Russiese president Vladimir Putin het volgens berigte te kenne gegee dat hy môre ‘n afvaardiging na Istanboel sal stuur om te onderhandel oor die oorlog in die Oekraïne. Dit kom na president Donald Trump ‘n skietstilstand geëis het en Putin daarna gesê het Zelensky moet onderhandel. Toe daag Zelensky hom uit om self ‘n vergadering in Turkye by te woon. Zelensky sê dis Putin of niks.
14 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cran beklemtoon belangrikheid van toegang tot inligting

Toegang tot inligting is ‘n basiese mensereg wat deursigtigheid, verantwoordbaarheid en openbare deelname bevorder. Dit bemagtig Jan Alleman en ondersteun ontwikkeling en versterk demokrasie. Cran, die plaaslike kommunikasie-owerheid sê dit is noodsaaklik vir inklusiewe besluitneming en is ver van net 'n modewoord. Jennifer Pogisho, die lynbestuurder by Cran, het meer.
18 Jun 3AM 1 min

Outa eis moratorium op boetes met rybewyskaart agterstand

Die organisasie teen belastingmisbruik, doen 'n beroep op minister van Vervoer, Barbara Creecy om boetes vir mense wie se bestuuderslisensies vertraag word as gevolg van die nasionale agterstand, op te hef. Die agterstand van 700 000 kaarte is veroorsaak nadat die enigste lisensiedrukker-masjien in die land gebreek het. Stefanie Fick…
18 Jun 3AM 1 min

Ramaphosa sê G7 was betekenisvol

President Cyril Ramaphosa sê die G7-beraad in Kanada was betekenisvol, veral vir Suid-Afrika wat president van die G20 is. Onder Suid-Afrika se G20-presidentskap is pogings aangewend om die G7 se doelwitte en agenda in ooreenstemming met dié van die G20 te kry. Ramaphosa sê hulle soek groter samewerking in areas…
18 Jun 2AM 1 min

Gaza: 59 kossoekers dood na IDF tenks afvuur

Minstens 59 mense is dood na Israeliese tenks in 'n skare in Khan Younis in Gaza afgevuur het wat probeer het om meel van vragmotors te kry. Dit was een van die bloedigste voorvalle sover in die toenemende geweld, terwyl desperate inwoners sukkel om kos in die hande te kry…
18 Jun 2AM 1 min

ActionSA sê GNU verdien nie slaagsyfer nie

Dereleen James van ActionSA sê die regering van nasionale eenheid het nie wet en orde gevestig nie, en dus verdien hy nie 'n slaagsyfer nie. Sy het in 'n oorsig van die RNE se eerste jaar gesê meer as 5 000 mense is vermoor en meer as 13 000 seksuele…
18 Jun 1AM 1 min