
ActionSA sê GNU verdien nie slaagsyfer nie
Loading player...
Dereleen James van ActionSA sê die regering van nasionale eenheid het nie wet en orde gevestig nie, en dus verdien hy nie 'n slaagsyfer nie. Sy het in 'n oorsig van die RNE se eerste jaar gesê meer as 5 000 mense is vermoor en meer as 13 000 seksuele oortredings is binne slegs drie maande aangemeld, wat 'n nasionale krisis aandui. James sê gemeenskappe in die Wes-Kaap is in die greep van bendegeweld en korrupsie en swak hulpbronne beïnvloed die polisie se pogings: