Woord vir Vandag - 19 Mei 2025

Loading player...
“…julle [moet]… voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer… moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie…” Romeine 12:10-11 NLV
Lees die volgende as jy ‘n leier is!
‘n Leierskapskundige sê: ‘Die meeste leiers fokus op twee dinge: die visie en die bankrekening. Die visie maak ons gewoonlik die meeste opgewonde, maar die bankrekening hou ons in besigheid. Tussen die visie en die bankrekening is egter al die mense in jou organisasie. As jy die mense ignoreer en net aan hierdie ander twee dinge aandag gee, sal jy die mense en die visie (en waarskynlik die bankrekening), verloor. As jy egter op die mense fokus, het jy die potensiaal om die mense, die visie en die bankrekening te wen.’ Interessant genoeg sit die Bybel hierdie twee dinge bymekaar: ‘…julle [moet]… voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer… moenie sleepvoet wees in julle toewyding [harde werk] nie…’ Toe die sakekonsultant Jim Collins groot maatskappye bestudeer het, het hy ‘vlak vyf leiers’ geïdentifiseer. Hy sê dat hierdie leiers weier om krediet vir hul organisasie se prestasies te neem. In plaas daarvan gee hulle nederig die krediet aan hul werknemers. Talle leiers sê dat hulle hul werknemers en kliënte waardeer. Dit is ‘n gewilde sêding. As jy egter wil uitvind of dit ‘n waarde is wat werklik in jou organisasie te voorskyn kom, gesels met mense wat jou organisasie goed ken, maar nie by jou in diens is nie. Wat sê hulle? Hul antwoord sal jou die akkuraatste prentjie wys. Aangesien jy jou eie hart beter as enigiemand anders ken, begin dit alles by jou. Vra jouself af: ‘Heg ek ‘n hoë waarde aan mense?’ As jy dit doen, sal hoe jy hulle behandel, dit wys. As jy hulle reg behandel, sal God jou pogings seën. Die Bybel sê: ‘Dit is die Here se seën wat rykdom bring…’ (Spreuke 10:22 NLV).
18 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 31 Okt 2025

“In die huis van regverdiges is daar skatte…” Spreuke 15:6 NLV Die Bybel en jou beleggings (3) Om jou vrees vir beleggings te oorkom, moet jy die volgende drie dinge doen: 1) Raak vaardig. Voordat jy begin belê, moet jy die taal en nuanses van die aandelemark, vaste eiendom, gesamentlike…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2025

“In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie...” Spreuke 21:20 NLV Die Bybel en jou beleggings (2) Die Bybel leer ons twee dinge om finansieel vooruit te beweeg. 1) Jy moet wys wees wanneer jy belê. Wanneer iemand vir jou ‘n opbrengs op jou belegging…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Okt 2025

“Na 'n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra.” Matteus 25:19 AFR83 Die Bybel en jou beleggings (1) Jesus het gesê: ‘Verder gaan [die koninkryk van die hemel] soos met ‘n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaar geroep…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 28 Okt 2025

“Versterk die moeë hande… Bemoedig dié wie se knieë swak word en knik. Sê vir dié wat bang is: ‘Wees sterk en moenie bang wees nie…’” Jesaja 35:3-4 NLV Bemoedig iemand vandag Elkeen van ons het bemoediging (ondersteuning wat selfvertroue en die wil om aan te gaan inspireer) nodig. Die…
19 Oct 2 min

Woord vir Vandag - 27 Okt 2025

“Getroude mans, julle moet julle vroue liefhê…” Efesiërs 5:25 NLV Wees lief vir en eer jou vrou Daar is ‘n verhaal van ‘n direkteur en sy vrou wat op reis was en gestop het om petrol in te gooi. Die direkteur het ingegaan om die winkel te besoek en toe…
19 Oct 1 min