Amerikaanse senator wys Trump se korrupsie uit

Loading player...
Die bekende Amerikaanse Demokratiese senator, Adam Schiff, het in die senaat 10 voorbeelde gegee van korrupte aktiwiteite deur president Donald Trump, na sommige kommentators beweer het sy toer na die Midde-Ooste, op belastingbetalers se geld, is 'n besigheidstoer. Schiff noem onder andere 'n nuwe Trump hotel in Dubai en 'n nuwe gholfbaan in Doha. Die Katarse regering gee 5,5 miljard Amerikaanse dollar vir die projek, maar miljoene dollar gaan na die Trump familie. Daar's ook die 747-vliegtuig wat aan Trump geskenk word, nie Amerika nie. Luister na Schiff oor trump en Elon Musk se Tesla-geleentheid by die Withuis.
16 May 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tradisionele snydokters streng gekeur voor inisiasie-seisoen

Die gesamentlike Departement van Regering en Tradisionele Sake in Limpopo het 'n streng keuringsproses vir tradisionele snydokters en operateurs ingestel voor die 2025 insiasie-seisoen. Die LUR van die departement in Limpopo, Basikopo Makamu, sê 529 aansoeke is goedgekeur en 40 is afgekeur. Hy sê die proses sluit in die nagaan…
17 Jun 11AM 1 min

Trump soek 'ware einde' aan kern-dispuut met Iran

Amerikaanse president Donald Trump sê hy soek nie 'n wapenstilstand tussen Israel en Iran nie, maar 'n ware einde aan die kern-dispuut met Iran. Hy het ook aangedui dat hy dalk senior amptenare sal stuur om met Iran te ontmoet. Trump voorspel dat Israel nie sy aanvalle op Iran sal…
17 Jun 11AM 1 min

Trump soek 'ware einde' aan kern-dispuut met Iran

Amerikaanse president Donald Trump sê hy soek nie 'n wapenstilstand tussen Israel en Iran nie, maar 'n ware einde aan die kern-dispuut met Iran. Hy het ook aangedui dat hy dalk senior amptenare sal stuur om met Iran te ontmoet. Trump voorspel dat Israel nie sy aanvalle op Iran sal…
17 Jun 11AM 1 min

Kanker-oorlewendes hierdie maand gevier

Junie is Nasionale Kanker-oorlewendesmaand, wat wêreldwyd toegewy word aan die krag en veerkragtigheid van miljoene wat die siekte oorkom het. Dit skyn ook die kollig op die voortgesette vooruitgang in kankerversorging en die groeiende fokus op die verbetering van lewensgehalte vir oorlewendes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rolf Hansen,…
17 Jun 10AM 1 min