
Tradisionele snydokters streng gekeur voor inisiasie-seisoen
Loading player...
Die gesamentlike Departement van Regering en Tradisionele Sake in Limpopo het 'n streng keuringsproses vir tradisionele snydokters en operateurs ingestel voor die 2025 insiasie-seisoen. Die LUR van die departement in Limpopo, Basikopo Makamu, sê 529 aansoeke is goedgekeur en 40 is afgekeur. Hy sê die proses sluit in die nagaan van agtergrondinligting en 'n mikpunt van geen sterftes nie. Hy vra ook ouers om vroegtydig enige mediese probleme bekend te maak met tuisondersoeke as die eerste stap in voorkoming: