
Word prettig fiks by die Clausthaler Finkenstein Trail Run!
Loading player...
Hier is ‘n wonderlike geleentheid om fiks en gesond te bly en terselftertyd ‘n bietjie pret in die natuur te geniet. Die Clausthaler Finkenstein Trail Run op 21 Junie is oop vir hardlopers van alle vlakke en vermoëns by die Finkenstein-landgoed. Registrasie open om 08:00, met die wedloop wat om 08:30 afskop. 'n Spesiale beloning wag op lojale deelnemers: enigiemand wat drie Clausthaler Finkenstein-roetewedloopmedaljes terugbring, sal 'n gratis T-hemp ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met die organiseerder, Francois Steynberg gesels.