Windhoek Gim se eerste skoolradio-uitsending 'n groot sukses

Loading player...
Windhoek Gimnasium se skoolradiostasie, Red Aloe Radio, het vandag sy eerste uitsending aangebied. Die stasie is 'n produk van samewerking tussen die skool en die Vereniging van Uitsaai Veterane, wat 10 leerders as omroepers opgelei het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Kolie van Coller, die sameroeper en een van die stigters van die Vereniging van Uitsaai Veterane, vertel hoe die dag verloop het.
16 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Inflasie lyk goed, maar daar's globale gevare

Ten spyte daarvan dat Namibië se hooflyninflasie relatief stabiel vertoon in vergelyking met die buurlande, is die land steeds onderhewig aan globale ekonomiese bewegings weens sy groot invoere. Voorspellings is dat plaaslike inflasie vanjaar stabiel sal bly tussen 3,4 persent en 3,6 persent, afhangende van vyandighede tussen Iran en Israel…
17 Jun 9AM 1 min

Sundowns sien uit na 'toets' van Klub-Wêreldbekertoernooi

Sokker: Mamelodi Sundowns se afrigter, Miguel Cardoso, glo die Klub-Wêreldbekertoernooi in Amerika is die ideale vlak om hulself te toets. Sundowns is in Groep F saam met Ulsan HD van Suid-Korea, die agtmalige Bundesliga-kampioen, Borussia Dortmund, en Fluminense van Brasilië. Hulle skop hul veldtog môre teen Ulsan af. Cardoso sê…
17 Jun 9AM 1 min

Gemeenskapsaktivis kap Stad Windhoek, ECB oor 'samewerking'

Indien die Stad Windhoek se voorgestelde kragtarief-verhoging van 4 persent vir 2025/26 toegestaan word, sal residensiële kliënte 3 persent meer betaal vir krag en pensioenarisse 1 persent meer. Dit beteken dat 100 Namibiese dollar 38,46 eenhede elektrisiteit sal koop, teenoor die ongeveer 40 eenhede wat dit tans koop. Dit kom…
17 Jun 9AM 1 min

DA betreur miljoene SA jeug sonder werk, studies

Die DA-leier John Steenhuisen sê dit is 'n nasionale tragedie dat meer as 8,7-miljoen jongmense nie deel is van die arbeidsmag, onderwys of opleiding nie. Hy het Jeugdag in Mbombela, Mpumalanga, herdenk waar hy die party se planne om jeugwerkloosheid te beveg, uiteengesit het. Steenhuisen sê vanuit die regering kan…
17 Jun 9AM 1 min

Forbes sê dalk Namibië is geslagsgelyk, maar...

Forbes Africa berig dat Namibië Afrika se mees geslagsgelyke ekonomie is, met 'n gemiddelde van 81,1 persent van die geslagsgaping wat gesluit is. Die land is wêreldwyd agste geplaas in die 2025 Wêreld Ekonomiese Forum se Geslagsgapingsverslag. In 'n historiese eerste vir Afrika is beide Namibië se president en vise-president…
17 Jun 6AM 1 min