
DA betreur miljoene SA jeug sonder werk, studies
Loading player...
Die DA-leier John Steenhuisen sê dit is 'n nasionale tragedie dat meer as 8,7-miljoen jongmense nie deel is van die arbeidsmag, onderwys of opleiding nie. Hy het Jeugdag in Mbombela, Mpumalanga, herdenk waar hy die party se planne om jeugwerkloosheid te beveg, uiteengesit het. Steenhuisen sê vanuit die regering kan en sal die DA aandring op dringende hervormings wat ekonomiese groei sal steun, en as gevolg hiervan, werksgeleenthede vir alle burgers verbeter: