Tref nou al voorsorg vir groter brandgevaar, boere

Loading player...
Die goeie reënseisoen bring ‘n groter brandgevaar mee, aangesien daar vanjaar ’n oorvloed brandbare materiaal is. Die Namibiese Landbou-unie doen 'n beroep op boere om nou al te begin met brandvoorkomingsmaatreëls. Die unie herinner boere daaraan dat elke gebied uniek is en dat nie alle aanbevelings vir elke plaas of streek van toepassing sal wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tanja Dahl van die NLU.
16 May 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Grond-beskerming en -herlewing krities vir toekoms

Vandag is Wêrelddag vir die Bekamping van Woestynvorming en Droogte, herdenk by die Omusati-streeksraadsaal in Outapi onder die tema "Herstel die land. Ontsluit geleenthede." Die geleentheid beklemtoon die dringende behoefte om Namibië se grond te beskerm en te laat herleef vir 'n meer veerkragtige en voorspoedige toekoms. Selma Asino, die…
17 Jun 10AM 1 min

Inflasie lyk goed, maar daar's globale gevare

Ten spyte daarvan dat Namibië se hooflyninflasie relatief stabiel vertoon in vergelyking met die buurlande, is die land steeds onderhewig aan globale ekonomiese bewegings weens sy groot invoere. Voorspellings is dat plaaslike inflasie vanjaar stabiel sal bly tussen 3,4 persent en 3,6 persent, afhangende van vyandighede tussen Iran en Israel…
17 Jun 9AM 1 min

Sundowns sien uit na 'toets' van Klub-Wêreldbekertoernooi

Sokker: Mamelodi Sundowns se afrigter, Miguel Cardoso, glo die Klub-Wêreldbekertoernooi in Amerika is die ideale vlak om hulself te toets. Sundowns is in Groep F saam met Ulsan HD van Suid-Korea, die agtmalige Bundesliga-kampioen, Borussia Dortmund, en Fluminense van Brasilië. Hulle skop hul veldtog môre teen Ulsan af. Cardoso sê…
17 Jun 9AM 1 min

Gemeenskapsaktivis kap Stad Windhoek, ECB oor 'samewerking'

Indien die Stad Windhoek se voorgestelde kragtarief-verhoging van 4 persent vir 2025/26 toegestaan word, sal residensiële kliënte 3 persent meer betaal vir krag en pensioenarisse 1 persent meer. Dit beteken dat 100 Namibiese dollar 38,46 eenhede elektrisiteit sal koop, teenoor die ongeveer 40 eenhede wat dit tans koop. Dit kom…
17 Jun 9AM 1 min

DA betreur miljoene SA jeug sonder werk, studies

Die DA-leier John Steenhuisen sê dit is 'n nasionale tragedie dat meer as 8,7-miljoen jongmense nie deel is van die arbeidsmag, onderwys of opleiding nie. Hy het Jeugdag in Mbombela, Mpumalanga, herdenk waar hy die party se planne om jeugwerkloosheid te beveg, uiteengesit het. Steenhuisen sê vanuit die regering kan…
17 Jun 9AM 1 min