
Geldnood kelder stryd teen korrupsie
Loading player...
Die Teenkorrupsiekommissie is 116 miljoen Namibiese dollar toegewys in die 2025-begroting, waarvan 103 miljoen dollar gaan aan bedryfsuitgawes. Die kommissie sê die bedrag is nie genoeg om die nodige ondersoekers aan te stel nie, waarvan heelwat vertrek het na beter-betalende geleenthede. Sonder genoeg ondersoekers kan dit nie korrupsie doeltreffend beveg nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat Josephine Nghituwamata, woordvoerder van die kommissie.