
Erfenisterreine uiters belangrik vir toerisme
Loading player...
Die Nasionale Erfenisraad stel voor dat drie nuwe terreine erfenisstatus kry. TimBila-natuurreservaat met ou rotstekeninge en skaars spesies, die saal van die Ongwediva Onderwyskollege as simbool van opvoeding, en die historiese Abenab-myn naby Grootfontein. Die publiek kan kommentaar lewer voor aanbevelings binne twee maande aan die minister voorgehou word. Kosmos 94.1 Nuus het met met Nathaly Ahrens van die Toer- en Safari-vereniging gepraat oor die waarde van nasionale erfenisgebiede vir toerisme.