
Soektog na vermistes duur voort in Oos-Kaap
Loading player...
Die Oos-Kaapse regering vra gemeenskapslede om te midde van die stygende dodetal na die onlangse vloed, na vore te kom met inligting oor vermiste geliefdes. 'n Woordvoerder vir die Provinsiale Regering, Khuselwa Rantjie, sê soektogte sal voortduur tot almal gevind is. Sy het die behoefte aan 'n behoorlike stelsels beklemtoon ten einde ongeïdentifiseerde liggame uit te ken en gesinne by te staan. Sy sê owerhede is veral bekommerd oor gevalle waar hele gesinne dalk in die ramp vermis geraak het: