Mej. Namibië wen 'n huis, met meubels

Loading player...
Die Mej. Namibië 2025-wenner sal 'n volledig gemeubileerde huis ontvang, danksy 'n nuwe vennootskap tussen die NBC, die Mej. Namibië-organisasie en die Nasionale Behuisingsonderneming. Die ooreenkoms, wat van Junie vanjaar tot Junie 2028 geldig is, sluit twee huise per jaar in – een vir Mej. Namibië en een vir NBC se "Wen 'n Huis"-program. NBC sal dit ondersteun met lugtyd en produksiedienste. Kosmos 94.1 Nuus het met die Mej. Namibië-organisasie se woordvoerder, Beaulah Boois-Beukes, gepraat:
17 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tradisionele snydokters streng gekeur voor inisiasie-seisoen

Die gesamentlike Departement van Regering en Tradisionele Sake in Limpopo het 'n streng keuringsproses vir tradisionele snydokters en operateurs ingestel voor die 2025 insiasie-seisoen. Die LUR van die departement in Limpopo, Basikopo Makamu, sê 529 aansoeke is goedgekeur en 40 is afgekeur. Hy sê die proses sluit in die nagaan…
17 Jun 11AM 1 min

Trump soek 'ware einde' aan kern-dispuut met Iran

Amerikaanse president Donald Trump sê hy soek nie 'n wapenstilstand tussen Israel en Iran nie, maar 'n ware einde aan die kern-dispuut met Iran. Hy het ook aangedui dat hy dalk senior amptenare sal stuur om met Iran te ontmoet. Trump voorspel dat Israel nie sy aanvalle op Iran sal…
17 Jun 11AM 1 min

Trump soek 'ware einde' aan kern-dispuut met Iran

Amerikaanse president Donald Trump sê hy soek nie 'n wapenstilstand tussen Israel en Iran nie, maar 'n ware einde aan die kern-dispuut met Iran. Hy het ook aangedui dat hy dalk senior amptenare sal stuur om met Iran te ontmoet. Trump voorspel dat Israel nie sy aanvalle op Iran sal…
17 Jun 11AM 1 min

Kanker-oorlewendes hierdie maand gevier

Junie is Nasionale Kanker-oorlewendesmaand, wat wêreldwyd toegewy word aan die krag en veerkragtigheid van miljoene wat die siekte oorkom het. Dit skyn ook die kollig op die voortgesette vooruitgang in kankerversorging en die groeiende fokus op die verbetering van lewensgehalte vir oorlewendes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rolf Hansen,…
17 Jun 10AM 1 min

Word prettig fiks by die Clausthaler Finkenstein Trail Run!

Hier is ‘n wonderlike geleentheid om fiks en gesond te bly en terselftertyd ‘n bietjie pret in die natuur te geniet. Die Clausthaler Finkenstein Trail Run op 21 Junie is oop vir hardlopers van alle vlakke en vermoëns by die Finkenstein-landgoed. Registrasie open om 08:00, met die wedloop wat om…
17 Jun 10AM 1 min