Eskom sê krag bly onder druk

Loading player...
Eskom het herklemtoon dat die kragnetwerk steeds beperk is, ten spyte van 'n meer bestendige kragstelsel en beurtkrag wat opgeskort is. Eskom-woordvoerder Daphne Mokoena sê meer as 2 600 megawatt sal teen Maandagaand weer in gebruik wees om in die winteraanvraag te voorsien. Onbeplande onderbrekings is op veillige vlakke op gemiddeld meer as 14 000 megawatt. Sy vra Suid-Afrikaners om onwettige verbindings te vermy en krag verantwoordelik te gebruik om die voorraad gedurende die winterseisoen te handhaaf:
18 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Boere op uitkyk vir nagtelike hommeltuie

Die Namibiese Landbou-unie sê dat al hoe meer boere in landelike gebiede hommeltuie gewaar, veral in die nag. NamPol en die Burgerlugvaartowerheid is in kennis gestel. ‘n Beroep word op boere gedoen om foto’s te neem en ‘n beëdigde verklaring af te lê. Daar is meer op die unie se…
18 May 6AM 1 min

Ramaphosa ruk op na Withuis

President Cyril Ramaphosa vertrek vandag na die VSA om gespanne verhoudings te herstel en bewerings van 'n Afrikaner-volksmoord in Suid-Afrika te bestry. Ramaphosa het tydens die induksie van die ANC in die Noord-Kaap se Provinsiale Uitvoerende Komitee gesê hy sal die bewerings ferm verwerp en noem dit disinformasie wat gebruik…
18 May 5AM 1 min

AgriForum maan teen weermag, verkeersdepartement

AfriForum sê die pas-aangekondigde vennootskap tussen die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en Mangaung se Verkeersdepartement in die Vrystaat hou die risiko in om burgerlike wetstoepassing te militariseer. Die organisasie waarsku dat militêre opleiding vir verkeersbeamptes die publiek se vertroue kan ondermyn en wetstoepassing kan wegskuif van 'n gemeenskapsgebaseerde benadering. Jacques Broodryk…
18 May 4AM 1 min

Ma kry 20 jaar vir moord op kleuter

Die Durbanse Hooggeregshof het Teneil Ursula Kok tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op haar driejarige dogter, Fadillah Chantal Kok, in Mei 2022. Die hof het mishandeling in haar verlede en geestesgesondheids-probleme as versagtende faktore beskou. Die NVG se woordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara, sê regter Jacqueline Henriques het beveel…
18 May 2AM 1 min

Geldnood kelder stryd teen korrupsie

Die Teenkorrupsiekommissie is 116 miljoen Namibiese dollar toegewys in die 2025-begroting, waarvan 103 miljoen dollar gaan aan bedryfsuitgawes. Die kommissie sê die bedrag is nie genoeg om die nodige ondersoekers aan te stel nie, waarvan heelwat vertrek het na beter-betalende geleenthede. Sonder genoeg ondersoekers kan dit nie korrupsie doeltreffend beveg…
18 May 1AM 1 min