Oos-Kaapse dodetal styg tot 90, waaronder 30 kinders

Loading player...
Die dodetal in die Oos-Kaapse oorstromings het tot 90 gestyg en sluit 30 kinders in. Lykskouings is afgehandel en 80 liggame is positief geïdentifiseer, terwyl 77 liggame aan families oorhandig is. Die oorstromings het infrastruktuur beskadig, wat 58 skole en 20 mediese sentrums insluit. Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe wat Maandag met die betrokke families in Mthatha vergader het, sê staatsbesteding op rampverligting moet fyn dopgehou word:
17 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Erfenisterreine uiters belangrik vir toerisme

Die Nasionale Erfenisraad stel voor dat drie nuwe terreine erfenisstatus kry. TimBila-natuurreservaat met ou rotstekeninge en skaars spesies, die saal van die Ongwediva Onderwyskollege as simbool van opvoeding, en die historiese Abenab-myn naby Grootfontein. Die publiek kan kommentaar lewer voor aanbevelings binne twee maande aan die minister voorgehou word. Kosmos…
17 Jun 5AM 1 min

SAPD se kinderplan word swak geïmplementeer

Die polisie se hersiene plan van optrede oor geslagsgeweld en moord op vroue, is skerp gekritiseer in 'n gesamentlike vergadering van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie en Vroue, Jeug en Gestremdes. Die plan is in Januarie opgestel en fokus op die versterking van die voorste linie-dienste en vestiging van…
17 Jun 5AM 1 min

SA-jeug: GOOD eis beslissende optrede

Die GOOD Party het sy beroep op die regering herhaal om in plaas van leë toesprake beslissend op te tree in belang van Suid-Afrika se jeug. Die nasionale jeugvoorsitter, Kaden Arguile, sê implementering is noodsaaklik. Hy vra onmiddellike fokus op onderwys, industrialisering, digitale toegang en infrastruktuur. Arguile beklemtoon ook dat…
17 Jun 4AM 1 min

Langer Heinrich help CAN met borskankerkliniek in Swakopmund

Die Kankervereniging van Namibië en sy vennote het onlangs 'n nuwe kliniek vir borskanker-pasiënte by die Swakopmund Privaat-hospitaal oopgemaak. Die kliniek word ondersteun deur die Langer Heinrich-uraanmyn en die gesondheidministerie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet de Waal, die Kankervereniging se hoof in die Erongo-streek.
17 Jun 4AM 1 min

Vroue moet Namibiese mynwese betree

Mynwese word steeds deur die manlike geslag oorheers en gedurende die internasionale herdenking van ‘vroue in mynwese’ het die Namibiese regering 'n mentorskapsprogram geloods vir vroue wat in mynwese werksaam is. Die uitvoerende direkteur van die lynministerie, Ben Nangombe, sê vroue se uitlating uit die bedryf het niks met vaardighede…
17 Jun 3AM 1 min