
Televangelis Omotoso vir 5 jaar uit SA verban
Loading player...
Die Nigeriese televangelis Timothy Omotoso is vir vyf jaar uit Suid-Afrika verban ná sy deportasie. Verlede maand is hy vrygespreek op 32 aanklagte, insluitend verkragting, afpersing en mensehandel. Na bewering het hy ingestem het tot vrywillige uitsetting. Die woordvoerder van die Departement van Binnelandse Sake, Siya Qoza, sê Omotoso is kragtens die Immigrasiewet tot 'n verbode persoon verklaar, na aanleiding van sy onwettige teenwoordigheid in die land na sy vryspraak: