Indaba was groot sukses vir Namibië

Loading player...
Namibië het ‘n sterk indruk gemaak by Afrika se voorste toerismeskou, Africa's Travel Indaba 2025, in Durban. Die Namibië Toerismeraad was saam met die toerismeministerie en meer as 20 uitstallers aan die voorpunt van die poging. Sleuteluitstallers het ingesluit Namibia Wildlife Resorts, FlyNamibia, Gondwana Collection, Ultimate Safaris, en nege klein- en medium-ondernemings. ’n Hoogtepunt was die Toerismeraad se “Networking with Namibia”-geleentheid. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, wat die waarde van sulke skoue uitlig.
19 May 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NBL toon sterk oplewing in verdienste maar kontantvloei byt

Namibia Breweries Limited het 'n sterk oplewing in verdienste oor die verlengde finansiële periode van 18 maande gerapporteer, met 'n verdienste per aandeel wat met 94 persent gestyg het, inkomste wat byna verdubbel het en dividende wat heringestel is. Die onderliggende finansiële aanwysers wys egter dat kontantgenerering beperk bly, en…
19 May 4AM 1 min

Drikus gesels oor sy Munga Grit Le Dur

Namibië se Drikus Coetzee het vanjaar se Munga Grit Le Dur in die Namib gewen. Coetzee het dié solo-bergfietsuitdaging wat Vrydagoggend in die Khomas Hochland weggespring het, net ná middernag voltooi. Die Grit Le Dur, losweg vertaal as Die Taai Ene, is die langste bergfietswedren in Namibië en strek oor…
19 May 4AM 1 min

Ballotti beklemtoon toewyding aan voldoende infrastruktuur

Die adjunk-onderwysminister, Dino Ballotti, het Nkurenkuru besoek as deel van sy streekstoere. Tydens gesprekke met die Kavango-Wes Onderwysdirektoraat is uitdagings soos vervalle klaskamers, ’n tekort aan toilette en ander infrastruktuurprobleme uitgelig. Daar is ook vordering gerapporteer, insluitend die bou van die Nkurenkuru Jeug- en Sportkompleks. Ballotti het die ministerie se…
19 May 3AM 1 min

Stokes gee doppie op vir vinniger herstel

Engeland se toetskaptein, Ben Stokes, sê hy het opgehou alkohol gebruik om vinniger van sy jongste dyspieroperasie te herstel. Hy sal na verwagting Donderdag weer in Engeland se eenmalige toets teen Zimbabwe op Trent Bridge speel, nadat hy van Desember af op die krukkerlys was weens sy linker dyspier wat…
19 May 3AM 1 min