Amushelelo sê Verkrygingsraad konkel

Loading player...
Aktivis Michael Amushelelo beskuldig die uitgaande Sentrale Verkrygingsraad van Namibië daarvan dat hulle op 2 April 2025, net ná hul termyn op 30 Maart geëindig het, tenders van 6 miljard Namibiese dollar aan sogenaamde “proxy”-maatskappye toegeken het. Die tenders, vir die verskaffing van kos aan koshuisleerlinge, is goedgekeur onder die vaandel van Amon Ngavetene, wat glo ook ’n ongeadverteerde tender van 451 miljoen dollar aan Fabupharm toegeken het – na bewering gekoppel aan Johannes !Gawaxab. Amushelelo doen ‘n beroep president Netumbo Nandi-Ndaitwah om op te tree en noem tenders ’n "gesofistikeerde vorm van diefstal". Hy eis dat die tenders gekanselleer word en dat die staat self hierdie dienste aan skole lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gesels.
19 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbou waarsku oor nuwe aanlyn slenter

'n Plasing op sosiale media doen die rondtes dat die ministerie van landbou 'n inisiatief geloods het vir klein en mediumgrootte besighede. Volgens die plasing kan die besighede aansoek doen vir befondsing. Die plasing dui ook verder aan dat kleinskaalse boere ondersteuning sal kry, ook met toerusting. Belangstellendes moet op…
19 May 6AM 1 min

Staat moet oud-staatsagente se regskostes dek - GOOD

Die GOOD-party het President Cyril Ramaphosa gevra om sy ministers van Polisie en Justisie aan te sê om die regskoste van voormalige staatsagente te dek, wat as beskuldigdes of sleutelgetuies in apartheidsake verskyn. Die gewese hoof van die polisie se teeninsurgensie-eenheid, Eugene de Kock, het die hof verlede week genader…
19 May 6AM 1 min

Staatsentiteite sukkel met nakoming, en daar is geen stappe nie

’n Maand ná die begin van die 2025/26-boekjaar het meeste staatsentiteite steeds nie hul verkrygingsplanne ingedien nie, ondanks wetlike vereistes om dit drie maande voor 1 April te doen. Teen einde April het slegs 42 van 173 entiteite planne ingedien, waarvan net vyf betyds was. Dit is by ’n IPPR-geleentheid…
19 May 6AM 1 min