Stokes gee doppie op vir vinniger herstel

Loading player...
Engeland se toetskaptein, Ben Stokes, sê hy het opgehou alkohol gebruik om vinniger van sy jongste dyspieroperasie te herstel. Hy sal na verwagting Donderdag weer in Engeland se eenmalige toets teen Zimbabwe op Trent Bridge speel, nadat hy van Desember af op die krukkerlys was weens sy linker dyspier wat hy in Nieu-Seeland geskeur het. Stokes het aan die Untapped-potgooi gesê dit is onwaarskynlik dat hy heeltemal sal ophou drink, maar hy het geleer om sy gebruik te bestuur:
19 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbou waarsku oor nuwe aanlyn slenter

'n Plasing op sosiale media doen die rondtes dat die ministerie van landbou 'n inisiatief geloods het vir klein en mediumgrootte besighede. Volgens die plasing kan die besighede aansoek doen vir befondsing. Die plasing dui ook verder aan dat kleinskaalse boere ondersteuning sal kry, ook met toerusting. Belangstellendes moet op…
19 May 6AM 1 min

Staat moet oud-staatsagente se regskostes dek - GOOD

Die GOOD-party het President Cyril Ramaphosa gevra om sy ministers van Polisie en Justisie aan te sê om die regskoste van voormalige staatsagente te dek, wat as beskuldigdes of sleutelgetuies in apartheidsake verskyn. Die gewese hoof van die polisie se teeninsurgensie-eenheid, Eugene de Kock, het die hof verlede week genader…
19 May 6AM 1 min

Staatsentiteite sukkel met nakoming, en daar is geen stappe nie

’n Maand ná die begin van die 2025/26-boekjaar het meeste staatsentiteite steeds nie hul verkrygingsplanne ingedien nie, ondanks wetlike vereistes om dit drie maande voor 1 April te doen. Teen einde April het slegs 42 van 173 entiteite planne ingedien, waarvan net vyf betyds was. Dit is by ’n IPPR-geleentheid…
19 May 6AM 1 min