
Pasiënte tans sieker met RSV as Covid se Nimbus-variant
Loading player...
'n Nuwe Covid-19-variant, Nimbus, versprei vinnig in die VSA, Asië en Europa en word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie gemonitor weens hoë oordraagbaarheid en nuwe mutasies. Namibiërs word gewaarsku om te waak teen infeksie, al is hulle ingeënt. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Willie Bruwer, 'n bekende longspesialis van Windhoek, wat sê mense word tans sieker van respiratoriese sinsitiale virus, of RSV.