Opuwo kry nog huise, NHE-baas sê oor program

Loading player...
Die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie het saam met die Namibië Behuisingsonderneming 24 huise in Opuwo aangekondig onder die massa-behuising ontwikkelingsprogram. Die nuwe kontrakteur, Bestonstein Konstruksie, gaan die bouwerk voltooi. Die huise sal volgens die amptenare binne 12 maande gereed wees. By die oorhandiging het die Behuisingsonderneming se voorsitter, Hasting Tjipueja, meer inligting oor die behuisingsprogram gegee.
19 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Daar’s geen volksmoord in SA nie - Malema

EFF-leier Julius Malema het weer bewerings van 'n wit volksmoord in Suid-Afrika veroordeel. President Donald Trump van Amerika het verlede maand tydens sy ontmoeting met president Ramaphosa gesê Malema moet gearresteer word en hom beskuldig dat hy geweld teen wit boere in die land aanhits. Malema het gister tydens ʼn…
17 Jun 1AM 1 min

Dank hoofde van owerhede wat nie presteer nie, af

Die kantoor van die ouditeur-generaal het met die Komitee vir Openbare Rekeninge en Ekonomie van die Nasionale Raad vergader om ouditverslae van plaaslike owerhede en streeksrade te hersien, veral die met negatiewe ouditmenings. Die adjunk-ouditeur-generaal, Goms Menette set die haglike situasie by plaaslike owerhede uitgelig.
17 Jun 1AM 1 min

Pasiënte tans sieker met RSV as Covid se Nimbus-variant

'n Nuwe Covid-19-variant, Nimbus, versprei vinnig in die VSA, Asië en Europa en word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie gemonitor weens hoë oordraagbaarheid en nuwe mutasies. Namibiërs word gewaarsku om te waak teen infeksie, al is hulle ingeënt. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Willie Bruwer, 'n bekende longspesialis van Windhoek,…
17 Jun 1AM 1 min

LAC reageer op meningsartikel oor in-situ-loging

'n Meningsartikel wat onlangs in die media gepubliseer is, bevorder Uranium One se in-situ-herstel uraan-mynbouprojek in Leonardville en noem dit veilig en voordelig. Dit het kundiges en die Regshulpsentrum aangespoor om kommer uit te spreek dat die artikel wetenskaplik ongegronde aansprake maak. Dit maak ook ernstige omgewings- en gesondheidsrisiko's af,…
17 Jun 12AM 1 min

Gesprek oor gewenning van roofdiere in ongerepte gebiede

Tosco, die organisasie vir toerismeondersteunende bewaring, sal op 20 Junie 'n openbare bespreking oor Toerisme in die Ongerepte Natuur aanbied. Lara Potma, die besturende direkteur by Tosco sê die onlangse ontydige dood van Bernd Kebbel het die behoefte aan die gesprek aangewakker. Potma het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor…
17 Jun 12AM 1 min