Winter maak sy opwagting, versigtig met winde en veldbrande

Loading player...
Winter sal vanaf vanaand uiteindelik sy opwagting maak met ‘n sterk koue stelsel wat in die suidelike dele oornag in beweeg. Die bekende plaaslike weerkenner George van der Merwe het die besonderhede.
19 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

GBV-werkswinkels goed, maar waar's die aksie: aktivis

Die lynministerie hersien die Nasionale Geslagsgeweld Plan van Aksie om daaglikse ingrypings te verbeter. Die uitvoerende direkteur Lydia Indombo het dit tydens die afsluiting van ’n vierdaagse geslagsgeweld-opleidingswerkswinkel in Swakopmund aangekondig. Volgens die polisie is daar tussen April 2024 en Februarie 2025 4 405 gevalle van die geweld, insluitend 1…
19 May 9AM 1 min

Afrika-ondernemings ver agter met KI-aanvaarding

'n Nuwe gereedheidstudie vir KI het gewys 90-persent van ondernemings in Afrika word negatief geraak word omdat hulle nie Kunsmatige Intelligensie ten volle gebruik nie. Die probleme sluit vertraging van projekte en verbeurde groeigeleenthede in. Die studie wys ook dat 60-persent van maatskappye KI-vaardighede as belangrik vir sukses in die…
19 May 9AM 1 min

Walvisbaai begroot groot vir kapitaalprojekte

Die munisipaliteit van Walvisbaai het 632 miljoen Namibiese dollar vir kapitaalprojekte en 660 miljoen dollar vir bedryfskoste begroot vir die 2025/26-boekjaar. Grondontwikkeling geniet prioriteit met 272 miljoen dollar vir behuisings- en nywerheidspersele, insluitend projekte soos Farm 37, Narraville Uitbreiding 8 en Walvisbaai Uitbreiding 9. Nog 25 miljoen dollar is bestem…
19 May 8AM 1 min

Nuwe hoop vir SA Poskantoor-herlewing

Indiensneming en arbeid-minister, Nomakhosazana Meth, het aangekondig die Werkloosheidsversekeringfonds en Suid-Afrikaanse Poskantoor het ʼn nuwe ooreenkoms onderteken. Die doel is om byna 6 000 werksgeleenthede te behou en die staatsinstelling te laat herlewe. Die ministerie se woordvoerder, Thobeka Magcai, sê die fonds sal oor ʼn tydperk van ses maande deur…
19 May 8AM 1 min

Landbou waarsku oor nuwe aanlyn slenter

'n Plasing op sosiale media doen die rondtes dat die ministerie van landbou 'n inisiatief geloods het vir klein en mediumgrootte besighede. Volgens die plasing kan die besighede aansoek doen vir befondsing. Die plasing dui ook verder aan dat kleinskaalse boere ondersteuning sal kry, ook met toerusting. Belangstellendes moet op…
19 May 6AM 1 min