Landbou waarsku oor nuwe aanlyn slenter

Loading player...
'n Plasing op sosiale media doen die rondtes dat die ministerie van landbou 'n inisiatief geloods het vir klein en mediumgrootte besighede. Volgens die plasing kan die besighede aansoek doen vir befondsing. Die plasing dui ook verder aan dat kleinskaalse boere ondersteuning sal kry, ook met toerusting. Belangstellendes moet op ‘n skakel klik om persoonlike inligting in te vul. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Nghipandulwa, die woordvoerder van die ministerie, gepraat. Hy waarsku teen die fopplasings.
19 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

LAC reageer op meningsartikel oor in-situ-loging

'n Meningsartikel wat onlangs in die media gepubliseer is, bevorder Uranium One se in-situ-herstel uraan-mynbouprojek in Leonardville en noem dit veilig en voordelig. Dit het kundiges en die Regshulpsentrum aangespoor om kommer uit te spreek dat die artikel wetenskaplik ongegronde aansprake maak. Dit maak ook ernstige omgewings- en gesondheidsrisiko's af,…
17 Jun 12AM 1 min

Gesprek oor gewenning van roofdiere in ongerepte gebiede

Tosco, die organisasie vir toerismeondersteunende bewaring, sal op 20 Junie 'n openbare bespreking oor Toerisme in die Ongerepte Natuur aanbied. Lara Potma, die besturende direkteur by Tosco sê die onlangse ontydige dood van Bernd Kebbel het die behoefte aan die gesprek aangewakker. Potma het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor…
17 Jun 12AM 1 min

NVG appelleer teen uitspraak oor Ace se assistent in asbessaak

Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan die Appèlhof nader nadat regter Phillip Loubser hul aansoek in die Vrystaatse hoërhof om teen 'n uitspraak te appelleer, van die hand gewys het. Dit staan in verband met die onwettige uitlewering van Ace Magashule se voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota. Cholota is uitgelewer om te…
16 Jun 11PM 1 min

Boelter het 'n teikenlys van 45 name gehad

Vance Boelter, wat aangekla is van moord op die Minnesota Demokratiese wetgewer Melissa Hortman en haar man Mark, en poging tot moord op Demokratiese senator John Hoffman en sy vrou Yvette, het veel meer moorde beplan, volgens federale owerhede. Die misdade is in dorpies net buite Minneapolis gepleeg. Na die…
16 Jun 11PM 1 min