Die GOOD Party het sy beroep op die regering herhaal om in plaas van leë toesprake beslissend op te tree in belang van Suid-Afrika se jeug. Die nasionale jeugvoorsitter, Kaden Arguile, sê implementering is noodsaaklik. Hy vra onmiddellike fokus op onderwys, industrialisering, digitale toegang en infrastruktuur. Arguile beklemtoon ook dat…
Die Kankervereniging van Namibië en sy vennote het onlangs 'n nuwe kliniek vir borskanker-pasiënte by die Swakopmund Privaat-hospitaal oopgemaak. Die kliniek word ondersteun deur die Langer Heinrich-uraanmyn en die gesondheidministerie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet de Waal, die Kankervereniging se hoof in die Erongo-streek.
Mynwese word steeds deur die manlike geslag oorheers en gedurende die internasionale herdenking van ‘vroue in mynwese’ het die Namibiese regering 'n mentorskapsprogram geloods vir vroue wat in mynwese werksaam is. Die uitvoerende direkteur van die lynministerie, Ben Nangombe, sê vroue se uitlating uit die bedryf het niks met vaardighede…
Die lang verwagte sport-aksiefliek, F1 The Movie, het gister sy debuut op Times Square in New York-stad gemaak. Die fliek vertel die storie van ʼn gewese F1-renjaer, Sonny Hayes vertolk deur Brad Pitt, wat ʼn terugkeer maak om saam met sy nuweling-spanmaat, Joshua Pearce gespeel deur Damson Idris, te jaag…
Die dodetal in die Oos-Kaapse oorstromings het tot 90 gestyg en sluit 30 kinders in. Lykskouings is afgehandel en 80 liggame is positief geïdentifiseer, terwyl 77 liggame aan families oorhandig is. Die oorstromings het infrastruktuur beskadig, wat 58 skole en 20 mediese sentrums insluit. Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.