
Walvisbaai begroot groot vir kapitaalprojekte
Loading player...
Die munisipaliteit van Walvisbaai het 632 miljoen Namibiese dollar vir kapitaalprojekte en 660 miljoen dollar vir bedryfskoste begroot vir die 2025/26-boekjaar. Grondontwikkeling geniet prioriteit met 272 miljoen dollar vir behuisings- en nywerheidspersele, insluitend projekte soos Farm 37, Narraville Uitbreiding 8 en Walvisbaai Uitbreiding 9. Nog 25 miljoen dollar is bestem vir die Shack Dwellers Federation. Infrastruktuur kry 152 miljoen dollar vir paaie, rioolstelsels en 'n nuwe rioolaanleg. Voertuigverkryging, soos vullistrokke, word ook geprioritiseer. Die bedryfsbegroting word hoofsaaklik deur munisipale dienste gefinansier en is volgens ministeriële riglyne gebalanseer. Richard Hoaeb, voorsitter van die Walvisbaai-bestuurskomitee ,het met die media gepraat.