Die waarnemende uitvoerende direkteur in die Kantoor van die President, Mateus Kaholongo, sê personeellede moet wegkom van tradisionele benaderings, selfvoldaanheid en verouderde prosesse terwyl hulle die kantoor se vyfjaar-strategiese plan opstel. Die personeellede is op Swakopmund om die jaarlikse en vyfjaarplanne te finaliseer. Kaholongo benadruk dat daar verwag word dat…
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê twee frontale stelsels word hierdie week oor die land verwag. 'n Kouefront sal vandag die kus aan die suidwestelike deel van die land bereik, wat nat, koue en winderige toestande oor die westelike dele van die Wes-Kaap sal meebring. 'n Weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, sê die nat…
SAOG-lidlande vergader die week oor kwessies rakende oorgrensbewaringsgebiede. Die amptelike openingstoespraak is gelewer deur Domingos Gove, die direkteur vir voedsel, landbou en natuurlike hulpbronne by die SAOG-sekretariaatkantoor. Hy het uitgelig hoe stropery en mens-dier-konflik 'n groot bron van kommer in die streek geword het. Daarbenewens het hy gepraat oor die…
Sokker: Die UDM het Suid-Afrika se nasionale Onder-20-span, Amajita, geprys nadat hy gisteraand in Egipte die eerste keer die Onder-20 Afrikabeker-titel gewen het. Amajita het die prestasie behaal 'n volle 28-jaar nadat hulle in 1997 die eindstryd van die jeug-toernooi teen Marokko verloor het. UDM se waarnemende sekretaris-generaal, Zandile Phiri,…
'n Koue front word teen Woensdag verwag en Wagter en Wollie sal natuurlik ook koud kry. Troeteldier-eienaars word herinner om diere teen die koue te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met die Windhoek Dierebeskermingsvereiging se direkteur, Silke van der Merwe gepraat.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.