SAOG fokus op oorgrensbewaringsgebiede

Loading player...
SAOG-lidlande vergader die week oor kwessies rakende oorgrensbewaringsgebiede. Die amptelike openingstoespraak is gelewer deur Domingos Gove, die direkteur vir voedsel, landbou en natuurlike hulpbronne by die SAOG-sekretariaatkantoor. Hy het uitgelig hoe stropery en mens-dier-konflik 'n groot bron van kommer in die streek geword het. Daarbenewens het hy gepraat oor die kommer en voortgesette debatte met CITES oor die SAOG-ivoorvoorraad.
19 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Span na Opuwo gestuur oor cholera-gevalle

Die gesondheidsministerie het ‘n span ontplooi na Opuwo na die bevestiging van cholera op die dorp. Dit volg ná twee kinders uit dieselfde huishouding vroeër vandeesweek met cholera-simptome in die distrikshospitaal opgeneem is. Een van die kinders is dood en voorlopige laboratoriumtoetste het cholera bevestig. Walters Kamaya, segsman by die…
16 Jun 11AM 1 min

SA kort leierskap, nie nasionale dialoog: FOSA

Die Forum for South Africa het die konsep van 'n Nasionale Dialoog gekritiseer en sê dit lei die aandag af van dringende kwessies soos misdaad, werkloosheid en korrupsie. Die FOSA-woordvoerder Tebogo Mashilompane sê die land het nie dialoog nodig nie, maar besliste leierskap en aksie. Mashilompane sê daar is bestaande…
16 Jun 11AM 1 min

Hou toesig oor kinders by water, pleit owerhede

Die skoolvakansie het begin en met baie families by die kus, doen owerhede 'n beroep op waaksaamheid. Ouers word veral versoek om nie kinders strand toe te laat gaan sonder volwasse toesig nie, veral in gebiede sonder lewensredders. Die publiek word ook daaraan herinner om verdrinkingsvoorkoming en waterveiligheidsopvoeding ernstig op…
16 Jun 11AM 1 min