
Vakbonde moet verantwoordbaar gehou word
Loading player...
Namibië het tans 47 geregistreerde vakbonde en 17 geregistreerde werkgewersverenigings, na die arbeidskommissaris in 2024 sewe vakbonde en een werkgewersvereniging gederegistreer het omdat hulle nie hul jaarlikse opgawes ingedien het nie. Dit is 'n wetlike vereiste. Arbeidsontleder Cuana Angula sê die deregistrasies verswak en beperk werkers se verteenwoordiging in die arbeidslandskap. Dit beïnvloed ook werkers se regsposisie en vermoë om deel te neem aan kollektiewe bedinging en werkplekverteenwoordiging. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner Herbert Jauch gepraat.