
Kenner skepties oor rob-produkte fabriek op Henties
Loading player...
Die Tender Bulletin berig dat belanghebbende partye by die omgewingministerie moet registreer as deel van die omgewingsklaringsproses vir die beplande rob-olie en rob-produkte aanleg op Hentiesbaai. Vigor Biotechnology wil volgens berigte 'n fabriek van meer as 250 miljoen Namibiese dollar vestig, met die doel om 'n langtermyn oplossing vir die groeiende rob-bevolking te bied. Die sperdatum om te registreer vir die impakstudie, beplanning en kommentaar is 25 Mei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia.