
Erwe spotgoedkoop aan raadslede verkoop
Loading player...
Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa sê hy het bewyse dat by een dorpsraad, wat hy nie wou noem nie, het raadslede erwe bekom vir so min as 5 Namibiese dollar net om dit teen ‘n reuse wins te verkoop. Sankwasa het op die Agenda-program van die Engelse dagblad Namibian Sun gepraat en sê dit is nie net dorpsrade wat deur Swapo beheer word nie.